Schweizer-Reneke Seminaar (3 Aug 2024)

Schweizer-Reneke

Finansiële Seminaar

– Bou ‘n rotsvaste finansiële fondasie – 

 

Wil jy:

In lyn leef met God se finansiële beginsels?

En vry kom van die wêreld se greep op jou finansies?

 

Hierdie seminaar bied:

 Praktiese beginsels van God se ekonomie

 ‘n Bybelse grondslag om besigheid te doen

Duidelike riglyne om uit skuld te kom

 

Volg die 3 stappe vir jou finansiële omkeer:

1.) Reserveer jou sitplek by 082 948 2984 (Ida) of 082 948 2801 (Karin)

2.) Woon die seminaar by en ontvang jou persoonlike plan

3.) Implementeer hierdie eenvoudige strategie

 

Indien jy die beginsels in die seminaar mis, mag jy dalk die res van jou lewe in frustrasie leef want jy veg ‘n onsigbare oorlog met die verkeerde wapens. Staak om te spring van verskoning tot verskoning, met ‘n gesukkel om alles betaal te kry, en breek vry.

 

 

‘n Gesonde finansiële lewe, en mooi toekoms lê net aan die ander kant van ‘n vars perspektief en nuwe strategie oor jou geldsake. Kom ontvang geestelike insigte om die god van geld (Mammon) te oorwin, en doelgerig vooruit te gaan.

 

Toegang is gratis, maar jy moet jou sitplek voor/op 29 Julie 2024 reserveer.

 

Saterdag 3 Aug 2024

08h30-12h00

Ligpunt Gemeenskap Kerk

H/V Barnard & Kudu Straat, Schweizer-Reneke

Gratis Toegang

Verversings word voorsien

RSVP voor/op 29 Julie 2024

Ida 082 948 2984

Karin 082 948 2984

Sluit by ons aan Saterdag die 3de Augustus 2024 vir ‘n transformerende seminaar wat spesiaal ontwerp is vir God se kinders, wat Sy wil nastreef, en in lyn wil leef met goddelike finansiële beginsels.

Tien beginsels oor God se ekonomie:

1.) Verhoog inkomste – hoe om jou inkomste te laat groei deur jou ekonomiese waarde te verhoog.

2.) Skuldvry – praktiese stappe oor hoe om 100% skuldvry te word en so te bly.

3.) Belasting – geestelike implikasies en God se wil aangaande belasting.

4.) Rekeningkunde – die geestelike wette en praktiese hulpmiddels daarvan.

5.) Finansiële plan – drie stappe oor hoe om ‘n nuwe en gesonde plan te skep en dit uit te voer.

6.) Geestelike reëls – twee ekonomieë, kenmerke van die god van geld, en rentmeesterskap.

7.) Filosofie – hoe om jou denke, ingesteldheid en identiteit rondom geld te verander.

8.) Die mier – besigheidsbeginsels wat die natuur ons leer.

9.) Begroting – hoekom jy nie sonder een kan gaan nie en hoe om dit te doen.

10.) Jode – die een geheim wat hierdie mense een van die rykste groepe op aarde maak.

Wilco Naumann is die skrywer van die boek God & Geld, ‘n spreker wat seminare aanbied vir organisasies oor die land, asook ‘n trategiese konsultant vir besighede. Lees sy volle biografie hier.