Boek – God & Geld
R379
- God se wil vir jou geldsake
- Finansiële gesondheid
- Praktiese handleiding
Hierdie boek is om volgelinge van Christus te help om gesonde finansiële lewens te lei, asook om vry van skuld en vry van finansiële druk te leef. Jy sal leer hoe die gees agter geld (Mammon) werk, hoe om uit skuld te kom, asook hoe om ‘n Bybels gefundeerde finansiële plan op te stel. Die boek is nie net geestelik of filosofies van aard nie, maar ook ‘n praktiese handleiding.
Video oor die boek – https://youtu.be/B7G-ArrQQXs
Kontak Besonderhede:
- Epos: info@wilconaumann.com
- Whatsapp: https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
- Nommer: 082 362 5670
- Description
- Additional information
Description
Die doel van die boek is finansiële gesondheid – hoe om met geld te werk, asook hoe om die regte verhouding teenoor geld en besittings te verkry. Alles wat jy nodig het ten einde jou finansies gesond te kry – en in lyn te bring met God se Woord – word in hierdie boek saamgevat. Wilco lê ‘n Bybelse fondasie van geld neer. Aspekte soos die geskiedenis van geld, die eienskappe en gevare van geld, asook die uiteenlopende verskil tussen die wêreld en God se perspektief word ondersoek.
Talle mense het ‘n verwarde ingesteldheid ten opsigte van geld en besittings, ander het ‘n armoedige denkwyse, terwyl baie onbewus is van die geestelike geldelike beginsels en implikasies. Wilco deel ‘n alternatiewe filosofie wat insluit; armoede, denke, rentmeesterskap, identiteit, integriteit, boekhouding en belasting. Hy gee ook praktiese stappe en riglyne. Sy gesonde finansiële plan sluit die volgende onderwerpe in; doelwitte, dissipline, begroting, tiende, beleggings, spaar, aftrede en nalatenskap. Hy bespreek hoe om uitgawes te verminder, asook materialisme, skuld, spandering, uit leen, en vergenoegdheid.
Kontak Besonderhede:
- Epos: info@wilconaumann.com
- Whatsapp: https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
- Nommer: 082 362 5670
Additional information
Weight | 0.7 kg |
---|---|
Dimensions | 15.24 × 4 × 22.86 cm |
Quantities | 1 x Book, 10 x Books, 50 x Books |