June 2025

Koninkryk & Besigheid

– Bou ‘n rotsvaste finansiële fondasie – 

 

Wil jy in lyn leef met God se finansiële beginsels, en vry kom van die wêreld se greep op jou finansies?

 

Hierdie seminaar bied:

Praktiese beginsels van God se ekonomie

 ‘n Bybelse grondslag om besigheid te doen

 Duidelike riglyne om uit skuld te kom

Effektiewe strukture vir doeltreffende belasting

Groei jou besigheid op ‘n goddelike manier


 

Daar word die volgende funskies aangebied:

1. Kies ‘n funksie wat naby jou is.

2. Bespreek aanlyn.

3. WhatsApp Alicia eer:

1.) Reserveer 

2.) Woon die seminaar by en ontvang jou persoonlike plan

3.) Implementeer hierdie eenvoudige strategie

 

Indien jy die beginsels in die seminaar mis, mag jy dalk die res van jou lewe in frustrasie leef want jy veg ‘n onsigbare oorlog met die verkeerde wapens. Staak om te spring van verskoning tot verskoning, met ‘n gesukkel om alles betaal te kry, en breek vry.

 

‘n Gesonde finansiële lewe, en mooi toekoms lê net aan die ander kant van ‘n vars perspektief en nuwe strategie oor jou geldsake. Kom ontvang geestelike insigte om die god van geld (Mammon) te oorwin, en doelgerig vooruit te gaan.

 

Toegang is gratis, maar beskikbaarheid is beperk. Bespreek dus vandag nog jou sitplek.

 

Saterdag 27 Julie 2024

08h30 - 16h00

Nampo Park, Bothaville, Vrystaat

Gratis Toegang

RSVP voor 19 Julie 2024

Petro - 067 668 7927

Julian - 083 656 4440

Aangebied deur

AGS Pneumati Odendaalsrus

en AGS Tehila Riebeekstad

In samewerking met

Ewige Lig Gemeente

en Wilco Naumann

Sluit by ons aan Saterdag die 27ste Julie 2024 vir ‘n transformerende seminaar wat spesiaal ontwerp is vir God se kinders, wat Sy wil nastreef, en in lyn wil leef met goddelike finansiële beginsels.

Ons bespreek die onderwerpe:
God se ekonomie, besigheid beginsels uit die Bybel, en finansiële vryheid.

Daar is ‘n gebeds geleentheid, lofprysing en aanbidding, asook die seminaar en bediening. Dis ‘n dag vir die hele gesin, en verversings word voorsien.

Bespreek jou sitplek voor die 19de Julie 2024 by 067 668 7927 (Petro), of 083 656 4440 (Julian).

Tien beginsels oor hoe om ‘n besigheid op God se manier te bou:

1.) Verhoog inkomste – hoe om jou inkomste te laat groei deur jou ekonomiese waarde te verhoog.

2.) Skuldvry – praktiese stappe oor hoe om 100% skuldvry te word en so te bly.

3.) Belasting – geestelike implikasies en God se wil aangaande belasting.

4.) Rekeningkunde – die geestelike wette en praktiese hulpmiddels daarvan.

5.) Finansiële plan – drie stappe oor hoe om ‘n nuwe en gesonde plan te skep en dit uit te voer.

6.) Geestelike reëls – twee ekonomieë, kenmerke van die god van geld, en rentmeesterskap.

7.) Filosofie – hoe om jou denke, ingesteldheid en identiteit rondom geld te verander.

8.) Die mier – besigheidsbeginsels wat die natuur ons leer.

9.) Begroting – hoekom jy nie sonder een kan gaan nie en hoe om dit te doen.

10.) Jode – die een geheim wat hierdie mense een van die rykste groepe op aarde maak.

Gratis toegang vir die hele gesin, maar jy moet jou sitplek vooraf bespreek voor of op die 19de Julie 2024.

Kontak vir Petro of Julian telefonies of via Whatsapp:

Petro – 063 668 7927

Julian – 083 656 4440

Wilco Naumann is die skrywer van die boek God & Geld, ‘n spreker wat seminare aanbied vir organisasies oor die land, asook ‘n trategiese konsultant vir besighede. Lees sy volle biografie hier.