Besigheid Kursus Webinar
Aanlyn Sessie
Donderdag 7 September 2023
19h00
R250 per persoon/skakel
Hierdie kursus is vir die entrepreneur wat sy eie besigheid het, of sy eie besigheid wil begin, wat God se Woord belangrik ag.
As jy aanhoudend sukkel met kontantvloei, of indien jy wil groei, is hierdie natuurlike wette oor geld vir jou.
In hierdie aanlyn webinar deel Wilco tien beginsels uit die Bybel wat jy in jou besigheid se finansies, én persoonlike lewe kan implementeer.
Bestaande mentorskap lede kry 25% afslag!
Tien beginsels hoe om ‘n besigheid op God se manier te bou:
1.) Verhoog inkomste – hoe om jou omset te groei deur jou ekonomiese waarde te verhoog.
2.) Skuldvry – praktiese stappe hoe om 100% uit skuld uit te kom, en te bly.
3.) Belasting – geestelike implikasies en God se wil oor belasting.
4.) Boekhouding – die geestelike wette, en die praktiese hulpmiddels daarvan.
5.) Finansiële plan – drie stappe hoe om ‘n nuwe en gesonde plan op te stel, en dit uit te voer.
6.) Geestelike reëls – twee ekonomieë, god van geld se eienskappe, en rentmeesterskap.
7.) Filosofie – hoe om jou denke, mindset en identiteit rondom geld te verander.
8.) Die mier – besigheid beginsels wat die natuur ons leer.
9.) Begroting – hoekom jy nie sonder een gaan voorkom nie, en hoe om dit te doen.
10.) Jode – die een geheim wat dié volk een van die rykste groepering mense op aarde maak.
R250 per persoon
Hierdie kaartjie gee een persoon/toestel toegang tot hierdie aanlyn webinar.
Indien jy ‘n bestaande lid is van Wilco se mentorskap program, kwalifiseer jy vir 25% afslag.
Aanlyn:
Whatsapp: 0823625670 / https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
Epos: info@wilconaumann.com
info@wilconaumann.com | 0823625670
Geld is fisies, maar daar is ook ‘n gees agter geld, so ons gaan kyk na die wette wat hierdie gees beheer. Dit is ‘n geestelike, tog praktiese kort kursus vir die besigheid eienaar. Ons kyk na hoe jy die rat-race kan ontsnap, asook na die eienskappe en gevare van geld.
Wilco deel die wen resep van die 70/10/10/10-beginsel, hoe om ‘n noodfonds in jou persoonlike lewe, en voorsienings rekeninge in jou besigheid op die been te kry. Die doelwit van hierdie dag, is finansiële gesondheid en finansiële vryheid, asook besigheid groei.