Potchefstroom Seminaar (31 Aug 2024)

Potchefstroom

Besigheid Seminaar

– God se wil in besigheid – 

 

Wil jy in lyn leef met God se finansiële beginsels, en vry kom van die wêreld se greep op jou finansies?

 

Hierdie seminaar bied:

Praktiese beginsels van God se ekonomie

 ‘n Bybelse grondslag vir gesonde groei

Basiese beginsels van rekeningkunde en belasting

 Duidelike riglyne om uit skuld te kom

 

Volg die 3 stappe vir jou finansiële omkeer:

1.) Reserveer jou sitplek aanlyn, of by 0823625670 of 0724744994

2.) Woon die seminaar by en ontvang jou persoonlike plan

3.) Implementeer die nuwe eenvoudige strategie

 

Indien jy die beginsels in die seminaar mis, mag jy dalk die res van jou lewe in frustrasie leef want jy veg ‘n onsigbare oorlog met die verkeerde wapens. Staak om te spring van verskoning tot verskoning, met ‘n gesukkel om alles betaal te kry, en breek vry.

 

‘n Gesonde finansiële lewe, en mooi toekoms lê net aan die ander kant van ‘n vars perspektief en nuwe strategie oor jou geldsake. Kom ontvang geestelike insigte om die god van geld (Mammon) te oorwin, en doelgerig vooruit te gaan.

 

Sitplekke is beperk, bespreek vandag nog joune. 

 

Saterdag 31 Aug 2024

08h30 - 16h00

The Roots Venue, 954 Roode Drive, Potchefstroom

Enkel Kaartjie - R2,999

Dubbel Kaartjie - R4,999

RSVP voor/op 26 Aug 2024

Mariska - 072 474 4994

Wilco - 082 362 5670

Aangebied deur

Wilco Naumann

In samewerking met

Mariska Susan

Sluit by ons aan Saterdag die 31ste Augustus 2024 vir ‘n transformerende seminaar wat spesiaal ontwerp is vir God se kinders, wat Sy wil nastreef, en in lyn wil leef met goddelike finansiële beginsels.

Ons bespreek die onderwerpe:
God se ekonomie, besigheid beginsels uit die Bybel, finansiële vryheid, rekeningkundige sagteware, debiteure, krediteure, voorraad en algemene grootboekrekeninge, rekonsiliasies, payroll, bates & waardevermindering, bespreking van finansiële state, en belasting grondbeginsels insluitend inkomste belasting, voorlopige belasting, en BTW.

Bespreek jou sitplek voor/op die 26ste Aug 2024 by 072 474 4994 (Mariska) of 082 362 5670 (Wilco).

Sessie Een – Geestelik:

Tien beginsels oor hoe om ‘n besigheid op God se manier te bou:

1.) Verhoog inkomste – hoe om jou inkomste te laat groei deur jou ekonomiese waarde te verhoog.

2.) Skuldvry – praktiese stappe oor hoe om 100% skuldvry te word en so te bly.

3.) Belasting – geestelike implikasies en God se wil aangaande belasting.

4.) Rekeningkunde – die geestelike wette en praktiese hulpmiddels daarvan.

5.) Finansiële plan – drie stappe oor hoe om ‘n nuwe en gesonde plan te skep en dit uit te voer.

6.) Geestelike reëls – twee ekonomieë, kenmerke van die god van geld, en rentmeesterskap.

7.) Filosofie – hoe om jou denke, ingesteldheid en identiteit rondom geld te verander.

8.) Die mier – besigheidsbeginsels wat die natuur ons leer.

9.) Begroting – hoekom jy nie sonder een kan gaan nie en hoe om dit te doen.

10.) Jode – die een geheim wat hierdie mense een van die rykste groepe op aarde maak.

Sessie Twee – Prakties:

1.) Besigheid Registrasie – Wanneer om ‘n besigheid te registreer, aandeel sertifikate en aandeel registers, registered representative/public officers.

2.) Rekeningkundige Sagteware – Opstelling en verwerking.

3.) Voorraad en Algemene Grootboekrekeninge – Opstelling in Sage One en wanneer om items of grootboek rekeninge te gebruik.

4.) Debiteure – Verwerking, allokasie in Sage One en debiteure rekonsiliasie.

5.) Krediteure – Verwerking, allokasie in Sage One en krediteure rekonsiliasie.

6.) Rekonsiliasies – Bankrekonsiliasies en payroll rekonsiliasies.

7.) Payroll – Indiening van EMP201 (PAYE, UIF, SDL,ETI), EMP501.

8.) Vergoedingskommissaris (DOL) – Wat dit is en hoekom dit nodig is.

9.) UIF en Ufiling – Wat dit is en hoekom dit nodig is.

10.) Finansiële State – Bespreking van finansiële state, bates en waardevermindering.

11.) Inkomste Belasting (ITR14) – Wat dit is en hoe om die opgawe te verstaan.

12.) Voorlopige Belasting (IRP6) – Wat dit is en hoe om die opgawe te verstaan.

13.) BTW – BTW registrasie en BTW opgawes.

14.) SARS eFiling – Step-by-step screenshots en hoe om eFiling basics te gebruik.

15.) CIPC – CIPC Annual Return en Beneficial Ownership.

R2,999 vir ‘n Enkel Kaartjie.

R4,999 vir ‘n Dubbel Kaartjie.

Die kaartjie sluit koffie, ‘n ligte verversing, middagete, asook die handleiding in.

Bespreek aanlyn by die skakel: Potch 31 Aug 2024

Of maak ‘n direkte inbetaling in die volgende rekening:

Bank details for Wilco Naumann Ministries:
Account Holder: WNM
Bank: First National Bank (FNB)
Account Number: 6284 0794 847
Branch Code: 250655
Reference: (Name and Surname)

Mariska Susan is ‘n hoogs gekwalifiseerde finansiële rekenmeester met ‘n Baccalaureusgraad en Honneursgraad in Finansiële Rekeningkunde van die Noord-Wes Universiteit, waar sy eerste in haar honneursgraadklas was. Sy het haar klerkskap voltooi en het praktiese ervaring binne en buite die praktyk, wat haar diepgaande kennis in die veld gegee het. Mariska se werk en besigheid is gewortel in haar geloof; sy doen alles tot eer van God en volgens Sy wil. God kom eerste in haar besigheid en lewe, en dit weerspieël in die integriteit waarmee sy elke taak aanpak. Sy is die eienaar van Susanco Accounting (Pty) Ltd.

Wilco Naumann is die skrywer van die boek God & Geld, ‘n spreker wat seminare aanbied vir organisasies oor die land, asook ‘n strategiese konsultant vir besighede. Lees sy volle biografie hier.