Hartenbos Seminaar (21 Nov 2025)

Hartenbos Finansiële Seminaar

– Bou ‘n rotsvaste finansiële fondasie – 

 

Wil jy in lyn leef met God se finansiële beginsels, en vry kom van die wêreld se greep op jou finansies?

 

Hierdie seminaar bied:

Praktiese beginsels van God se ekonomie

 ‘n Bybelse grondslag om besigheid te doen

 Duidelike riglyne om uit skuld te kom

Volg die 3 stappe vir jou finansiële omkeer:

1.) Reserveer jou sitplek by Monamí du Toit: 0836360201

2.) Woon die seminaar by en ontvang jou persoonlike plan

3.) Implementeer hierdie eenvoudige strategie

 

Indien jy die beginsels in die seminaar mis, mag jy dalk die res van jou lewe in frustrasie leef want jy veg ‘n onsigbare oorlog met die verkeerde wapens. Staak om te spring van verskoning tot verskoning, met ‘n gesukkel om alles betaal te kry, en breek vry.

 

‘n Gesonde finansiële lewe, en mooi toekoms lê net aan die ander kant van ‘n vars perspektief en nuwe strategie oor jou geldsake. Kom ontvang geestelike insigte om die god van geld (Mammon) te oorwin, en doelgerig vooruit te gaan.

 

Toegang is slegs R50 en dit sluit ‘n koffie in.

Die boek God & Geld sal te koop wees, kontant of kaart fasiliteit beskikbaar.

 

Vrydag 21 November 2025

17h30 vir 18h00-20h00

Misty Valley Farm, R328, Hartenbos. Location: https://share.google/LBBSfRHGBfIQrodfR

R50 per persoon

RSVP voor of op 21 Nov 2025

Monamí du Toit - 0836360201

Sluit by ons aan Vrydag 21 Nov 2025 vir ‘n transformerende seminaar wat spesiaal ontwerp is vir God se kinders, wat Sy wil nastreef, en in lyn wil leef met goddelike finansiële beginsels.

Ons bespreek die onderwerpe:
God se ekonomie, besigheid beginsels uit die Bybel, en finansiële vryheid.

Die seminaar is gebaseer op die boek God & Geld, geskryf deur Wilco Naumann.

Tien beginsels oor hoe om ‘n besigheid op God se manier te bou:

1.) Verhoog inkomste – hoe om jou inkomste te laat groei deur jou ekonomiese waarde te verhoog.

2.) Skuldvry – praktiese stappe oor hoe om 100% skuldvry te word en so te bly.

3.) Belasting – geestelike implikasies en God se wil aangaande belasting.

4.) Rekeningkunde – die geestelike wette en praktiese hulpmiddels daarvan.

5.) Finansiële plan – drie stappe oor hoe om ‘n nuwe en gesonde plan te skep en dit uit te voer.

6.) Geestelike reëls – twee ekonomieë, kenmerke van die god van geld, en rentmeesterskap.

7.) Filosofie – hoe om jou denke, ingesteldheid en identiteit rondom geld te verander.

8.) Die mier – besigheidsbeginsels wat die natuur ons leer.

9.) Begroting – hoekom jy nie sonder een kan gaan nie en hoe om dit te doen.

10.) Jode – die een geheim wat hierdie mense een van die rykste groepe op aarde maak.

R50 per persoon wat ‘n koffie insluit. Spyskaart beskikbaar om iets te eet sou jy wou, koste daarvan is vir uself.

Whatsapp Monamí by 0836360201, of klik op die “Reserveer My Sitplek” knoppie.

Wilco Naumann is die skrywer van die boek God & Geld, ‘n spreker wat seminare aanbied vir organisasies oor die land, asook ‘n trategiese konsultant vir besighede. Lees sy volle biografie hier.