Betaal SARS minder
Belastingbeplanning is nie belastingontduiking nie. As jy wettiglik minder belasting kan betaal deur beter te beplan, waarom sou jy dit nie doen nie?
Hier is 5 dinge waarna ek dink jy moet kyk:
1. Gebruik jou TFSA
Vanaf 1 Maart 2026 kan jy R46 000 per jaar in ’n Tax-Free Savings Account belê, met ’n leeftydsbeperking van R500 000. Die groei binne die TFSA is vry van inkomste-, dividend- en kapitaalwinsbelasting.
2. Kyk na jou aftreebydraes
Jou pensioen-, voorsorgfonds- en RA-bydraes kan jou belasbare inkomste verminder. Vir die 2027 belastingjaar is die maksimum aftrekbare bedrag R430 000, onderhewig aan die toepaslike 27,5%-beperking.
3. Moenie jou mediese belastingkrediet vergeet nie
Vir 2026/27 is die mediese belastingkrediet R376 per maand vir die hooflid en ’n eerste afhanklike, plus R254 per maand vir elke addisionele afhanklike.
4. Gee slim
As jy aan ’n kwalifiserende organisasie skenk, kan ’n artikel 18A-kwitansie jou moontlik ’n belastingvoordeel gee, binne die toepaslike reëls en beperkings.
5. Beplan jou kapitaalwins
Voordat jy ’n bate verkoop, vra eers: “Wat gaan die belastingimplikasie wees?” Vir 2027 is die jaarlikse kapitaalwinsuitsluiting vir individue R50 000.
“Die planne van die vlytige lei net tot voordeel.” (Spreuke 21:5)
Baie mense betaal belasting en dink dit is die einde van die gesprek. Wyse mense vra vooraf: “Hoe kan ek my geld wettiglik beter struktureer?”
Dit gaan nie daaroor om SARS te probeer uitoorlê nie. Dit gaan daaroor om ’n goeie rentmeester te wees van dit wat God aan jou toevertrou het.
Beplan dus voordat jy betaal.
As jy nie seker is of jy al hierdie geleenthede benut nie, praat met my. Wilco Naumann op Facebook
Leave a Reply