Kursus – Skuldvry
R699
Skuldvry – 10 stappe hoe om uit skuld te kom
WAT IS DIE DOELWIT VAN DIE KURSUS?
In hierdie kursus deel Wilco die tien stappe met jou hoe om uit skuld te kom. Die geestelike houvas, asook die praktiese hulpmiddels word bespreek.
WAT GAAN EK LEER?
Jy gaan ook leer hoe om ‘n gesonde begroting op te stel, hoe om ‘n noodfonds op die been te kry, riglyne om jou uitgawes te verminder, asook beleggings. Die leuens van skuld, die gevare van ‘n oorgrote skuldlas, asook die lokvalle waarin die mens trap word bespreek. En dan natuurlik, die tien stappe wat jy onmiddellik kan begin implementeer om 100% uit skuld uit te kom, en uit skuld te bly.
HOE WEET EK DIE KURSUS IS VIR MY?
- Ek het teveel skuld en weet nie waar om te begin nie.
- Dit voel asof ek besig is om te verdrink in skuld.
- Ek voel in my hart die Here lei om so gou as moontlik uit skuld te kom.
- Dis asof ek in so ‘n donker finansiële gat is, en voel onmoontlik om uit te kom.
- Soms is ek nie seker waar God in pas in al hierdie chaos nie.
- Die skuldlas affekteer my hele lewe, insluitend my gedagtes, my gesondheid, en my verhoudings.
DIE PROGRAM:
Gedeelte 1: Verwelkoming
Gedeelte 2: Agtergrond en geestelike sy van geld
Gedeelte 3: Die dodelike houvas van skuld
Gedeelte 4: Die drie leuens van skuld
Gedeelte 5: Die drie gevare van skuld
Gedeelte 6: Die ses lokvalle van skuld
Gedeelte 7: Die tien stappe om uit skuld te kom
Gedeelte 8: Afsluiting
VERDERE INLIGTING
Die enkel Kaartjie gee een individu toegang tot dié 90 minute aanlyn webinar.
Stroomskakel sal per e-pos gestuur word sodra die bespreking gefinaliseer en ten volle betaal is.
Vir enige verdere navrae rakende die kursus, kontak gerus 0823625670 of info@wilconaumann.com
- Description
Description
Jare se finansiële kennis gekombineer met antieke wysheid uit die Bybel word saamgevat in ‘n praktiese dog geestelike aanlyn kursus.