Ticket – Seminar
R2,999 – R5,999
- God se wil vir jou geldsake
- Finansiële gesondheid
- Praktiese handleiding
Hierdie boek is om volgelinge van Christus te help om gesonde finansiële lewens te lei, asook om vry van skuld en vry van finansiële druk te leef. Jy sal leer hoe die gees agter geld (Mammon) werk, hoe om uit skuld te kom, asook hoe om ‘n Bybels gefundeerde finansiële plan op te stel. Die boek is nie net geestelik of filosofies van aard nie, maar ook ‘n praktiese handleiding.
Video oor die boek – https://youtu.be/B7G-ArrQQXs
Kontak Besonderhede:
- Epos: info@wilconaumann.com
- Whatsapp: https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
- Nommer: 082 362 5670
- Description
- Additional information
Description
Pretoria Seminaar – 5 November 2022
Saterdag die 5de November 2022 bied Wilco ‘n God & Geld Finansiële Seminaar aan by die Marriott Hotel in Pretoria. Hierdie voldag kursus kom uit ‘n intense studie oor God se ekonomiese stelsel, en hoe dit verskil met vandag se samelewing.
God het dit op sy hart gedruk om in 2015 hierdie onderwerp te begin bestudeer, en die boek God & Geld is drie maande voor Covid ons land getref het op die rakke. Hy preek nie ‘n voorspoed teologie nie, eerder ‘n gesonde leer met Bybelse riglyne hoe om jou finansies (persoonlik en besigheid) onder God se heerskappy te bring.
Die Woord sê jy kan nie God en Mammon dien nie. Mammon is ‘n sterk gees wat meeding vir beheer van ons lewens. Die Bybel praat vyf keer meer oor geld en besittings, as oor geloof, en vir ‘n baie spesifieke rede. Die kursus is geestelik, filosofies, maar ook prakties.
Kaartjies is slegs vooraf beskikbaar, en gaan nie by die deure verkoop word nie. Daar is slegs spasie vir gereserveerde gaste. Indien jy vir ‘n groep wil koop, kontak ons gerus direk vir groep afslag: https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
Kontak besonderhede vir navrae: 0823625670 | info@wilconaumann.com.
Sien uit om jou te ontmoet.
Seënwense.
Kontak Besonderhede:
- Epos: info@wilconaumann.com
- Whatsapp: https://wa.me/message/HLMVZEWHHBE5H1
- Nommer: 082 362 5670
Additional information
Ticket Type | Single Ticket, Double Ticket, Excecutive Ticket |
---|