
God & Geld Seminaar
Nelspruit
29 Julie 2023
Die Bybel verwys vyf keer meer na geld, as na geloof. God het so baie oor geld te sê, want Hy weet watter kritieke rol dit ons lewens speel. Wilco het hiérdie onderwerp vir vier jaar bestudeer, en al sy vindings opgesom in die boek, God & Geld. In hierdie finansiële seminaar het hy van die belangrikste beginsels uitgesonder wat betrekking het op jou persoonlike en besigheid finansies, wat in diepte bespreek gaan word.
Hoe om ‘n besigheid op God se manier te bestuur.
Hoe die gees agter geld werk.
Hoe om jou rug op die wêreld se sisteem te draai.
Hoe om deel te raak van God se ekonomie.
Hoe om uit skuld uit te kom met die wenresep van die 10-stap skuld plan.
Hoe om ‘n getroue rentmeester te wees – wat God van ons as Sy kinders met geld verwag.
Download die volledige besprekings punte dokument hier: PDF Seminaar Indeks
R255 per persoon
Enkel kaartjie sluit toegang in vir een individu tot die seminaar, asook handleiding, middagete en koffie.
Saterdag 29 Julie 2023
08h30 tot 16h30
NG Kerk Nelspruit (Moedergemeente), 35 Bell Straat, Nelspruit, Mpumalanga.
Bespreek ‘n konsultasie sessie met Wilco terwyl hy in Nelspruit is op die 28ste en/of 30ste Julie 2023. Kostes beloop R849 per sessie van 45 minute.
NG Kerk Nelspruit, 35 Bell Straat, Nelspruit, Mpumalanga
Kantoor – 013 752 4518
Whatsapp – 082 332 5664
info@ngknelspruit.co.za
Geld is fisies, maar daar is ook ‘n gees agter geld, so ons gaan kyk na die wette wat hierdie gees beheer. Dit is ‘n geestelike, tog praktiese seminaar. Ons kyk na hoe jy die rat-race kan ontsnap, asook na die agt-en-twintig eienskappe, en negentien gevare van geld.
Wilco deel die wen resep van die 70/10/10/10-beginsel, hoe om ‘n noodfonds in jou persoonlike lewe, en voorsienings rekeninge in jou besigheid op die been te kry. Die doelwit van hierdie dag, is finansiële gesondheid en finansiële vryheid.